Boris Becker

Boris Becker
Boris Becker in 2007
Volle naam Boris Franz Becker
Bynaam Boom Boom
Die Leeu van Leimen
Land Vlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland (1984–1990)
Vlag van Duitsland Duitsland (sedert 1990)
Woonplek Schwyz, Switserland
Geboortedatum 22 November 1967 (1967-11-22)[1]
Geboorteplek Leimen, Wes-Duitsland[1]
Lengte 1,91 m[1]
Gewig 85 kg[1]
Afrigter Günther Bosch (1976–87)
Ion Țiriac (1984–93)
Bob Brett (1987–91)
Tomáš Šmíd (1991–92)
Eric Jelen (1992, 1993)
Günter Bresnik (1992–93)
Nick Bollettieri (1993–95)
Mike De Palmer (1995–99)[1]
Begin professioneel 1984[1]
Afgetree 25 Junie 1999[1]
Spelstyl Regshandig (eenhandige handrughou)[1]
Loopbaan-wengeld $25 080 956 (soos op 18 Julie 2023)[1] (16de van alle tye)[2]
Int. Tennisheldesaal 2003 (ledeblad)
Amptelike webblad www.borisbecker.com
Enkelspel
Loopbaanrekord 713–214 (76,91%)[1]
Loopbaantitels 49[1]
Hoogste rang No. 1 (28 Januarie 1991)[1]
Grand Slam-uitslae
Australiese Ope W (1991, 1996)
Franse Ope HE 1987, 1989, 1991)
Wimbledon W (1985, 1986, 1989)
VSA-Ope W (1989)
Groot toernooie
Toereindronde W (1988, 1992, 1995)
Olimpiese Spele 3R (1992)
Dubbelspel
Loopbaan-rekord 254–135 (65,3%)[1]
Loopbaantitels 15[1]
Hoogste rang No. 6 (22 September 1986)[1]
Australiese Ope KE (1985)
Groot dubbelspeltoernooie
Olimpiese Spele Goue Medalje (1992)

Boris Franz Becker (Duits: [ˈbɔʁɪs ˈbɛkɐ]; gebore op 22 November 1967 in Leimen, Wes-Duitsland) is 'n voormalige Duitse tennisspeler. Op 17-jarige ouderdom het hy geskiedenis gemaak as die jongste persoon wat nog Wimbledon se enkelspelkampioenskap kon wen.[3] Hy was ses keer 'n Grand Slam-enkelspelkampioen en ook 'n Olimpiese gouemedaljewenner.

Ná Becker se eerste oorwinning as ongekeurde speler in 1985 het hy in 1986 weer die Wimbledon-titel gewen. Hy het Wes-Duitsland ook gehelp om hulle eerste Davisbeker in 1988 in te palm. In 1989 het hy Wimbledon, die Amerikaanse Ope en 'n tweede Davisbeker gewen.

In 1991 het Becker die Australiese Ope gewen en so die nommer een posisie op die wêreldranglys gehaal. In 1992 het hy Jim Courier in skoon stelle verslaan om die ATP-wêreldtitel. Sy finale Grand Slam-titel was in 1996, toe hy Michael Chang in vier stelle tydens die Australiese Ope geklop het.

In sy loopbaan het Becker 49 enkelspel- en 15 dubbelspeltitels gewen. Hy word onder andere onthou vir sy wedywering met spelers soos Ivan Lendl, Stefan Edberg en Michael Stich.

Vandat hy as professionele tennisspeler uitgetree het, het sy mediawerk en persoonlike lewe hom in die kollig gehou. Hy was tussen 2013 en 2016 die Serwiese tennisspeler Novak Djokovic se afrigter.[4]

  1. 1,00 1,01 1,02 1,03 1,04 1,05 1,06 1,07 1,08 1,09 1,10 1,11 1,12 1,13 1,14 (en) "Player profile – Boris Becker". ATP World Tour. Besoek op 18 Julie 2023.
  2. (en) "Career Prize Money" (PDF). Pro Tennis Live. 17 Julie 2023. Besoek op 18 Julie 2023.
  3. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  4. (en) Novakdjokovic.com (6 Desember 2016). "Novak and coach Boris Becker end cooperation". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 7 Desember 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search